Olimpiese Winterspele 1992

XVIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1992

Gehou in Albertville, Frankryk
Deelnemende lande 64
Deelnemende atlete 1 801 (1 313 mans, 488 vroue)[1]
Items 57 in 7 sporte
Openingseremonie 8 Februarie 1992
Sluitingseremonie 23 Februarie 1992
Amptelik geopen deur President François Mitterrand
Atlete-eed Surya Bonaly (kunsskaats)
Beampte-eed Pierre Bornat (alpeski)
Olimpiese vlam Michel Platini en
François-Cyrille Grange
Vorige Spele 1988: Calgary (Kanada)
Volgende Spele 1994: Lillehammer (Noorweë)

Die Olimpiese Winterspele 1992 (Frans: Les XVIes Jeux olympiques d'hiver), amptelik bekend as die XVIde Olimpiese Winterspele, is tussen 8 en 23 Februarie 1992 in Albertville, Frankryk, aangebied. Ander kandidaatstede was: Anchorage (Verenigde State), Berchtesgaden (Duitsland), Cortina d'Ampezzo (Italië), Lillehammer (Noorweë), Falun (Swede) en Sofia (Bulgarye).

Die Olimpiese Somerspele 1992 is in Barcelona, Spanje, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1992 is tussen 25 Maart en 1 April in Tignes, Frankryk, gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 21 Januarie 2018.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy